Description
Kom stap saam met Silent Steps in die voetspore van die San, die jagter versamelaars en eerste inwoners van Afrika.
Hierdie baie gewilde 50km slenterstap strek vanaf Elandsbaai tot die klein kusdorpie Strandfontein, en is toeganklik en veral bekostigbaar vir alle stappers en alle ouderdomsgroepe! Die afstande bedags wissel van 8 na 17 km wat beteken dat daar sommige dae genoeg tyd is om ander besienswaardighede te besoek en selfs n middagslapie te neem vir die wat wil! Bedags stap ons met n klein dra-rugsakkie oor ongerepte strande, klowe en kranse terwyl ons ook besoek aflê aan argeologiese opgrawings, sankuns en skulpmiedens, alles n duidelike bewys van die San se sowat 30 000 jaar se afwisselende lewe aan hierdie ongerepte kuslyn. Saans slaap ons in gerieflike gastehuise en selfsorgeenhede. Alle etes word voorsien en ons lê selfs besoek af by die baie gewlilde opelug-restaurant, Muisbosskerm, n moet vir elke besoeker aan die Weskus. Bagasie word vervoer van punt A na punt B en al waaroor jy as stapper jouself moet bekommer, is om soveel as moontlik van die Weskus mense, tradisie , kosse en geskiedenis te leer en saam jou te neem. Hierdie stap is vanwee sy bekostigbaarheid baie gewild en stappers word versoek om vroegtydig te bespreek. Kontak ons by office@silentsteps.co.za vir besprekings en meer inligting. Besoek ons webtuiste www.silentsteps.co.za vir ‘n oorsig van die stappe wat ons bied.
Add Review